Racing Club Heemstede
RCH (tans: Racing Club Heemstede) is 'n Nederlandse amateursokkerspan in Heemstede. Die span speel in die Vierde klasse. Tussen 1956 en 1971 het RCH professionele sokker gespeel. Die klub het twee keer die nasionale kampioenskap en twee keer die KNVB-Beker gewen.
RCH | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Racing Club Heemstede | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Stigting | 25 Februarie 1911 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Tuisveld | Gemeentelijk Sportpark, Heemstede | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kapasiteit | 1 000 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | Vierde klasse | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Geskiedenis
wysigIn 1911 word die klub opgerig in Haarlem as HFC Achilles, maar dit verander spoedig na Racing Club Haarlem. Die span wen in 1918 die KNVB-Beker en word in 1923 die nasionale kampioen. As gevolg van sterk mededinging met ander sokkerspanne in Haarlem (HFC, Haarlem en EDO) verhuis die klub in 1932 na Heemstede (pas in 1965 verander die naam na Racing Club Heemstede).
In 1953 wen RCH vir die tweede keer die nasionale titel, maar met die invoer van professionele sokker in Nederland in 1956, begin die klub in die Eerste divisie (2de nasionale afdeling). In 1971 (na die tweede relegasie na die Tweede divisie in 1970) staak RCH professionele sokker. In 1989 wen die span die nasionale amateurkampioenskap.
Erelys
wysig- Kampioen Nederland (2)
- 1922/23, 1952/53
- KNVB-Beker (2)
- 1918, 1928
- Amateurkampioen Nederland (1)
- 1989