Ramla
Ramla (Hebreeus: רַמְלָה ; Arabies: الرملة al-Ramla/Ramleh) is 'n stad in Sentraal-Israël, ongeveer negentien kilometer ten ooste van Tel Aviv geleë. Die stad het sowat 65 000 inwoners, waarvan sowat 80% van Joodse afkoms is en 20% Israelse Arabiere (16% Moslem en 4% Christen).
Ramla רַמְלָה الرملة Ramlah | |
---|---|
Koördinate: 31°56′N 34°52′O / 31.933°N 34.867°O | |
Land | Israel |
Distrik | Sentrale |
Regering | |
• Burgemeester | Michael Vidal (Likoed) |
Bevolking | |
• Totaal | 65 000 |
In 716 gestig word die stad in die 11de eeu 'n belangrike handelsstad; tydens die tyd van die Kruistogte 'n biskopsetel. Nog later 'n tussenstasie vir pelgrims na Mekka.[1] Die stad het veral Joodse wyke. In die suidweste van die stad is die Palestynse wyk Juwarish geleë. Hier het die strate Arabiese name.[2] Daar woon sowel christelike as islamitiese Palestyne. In 2016 het die stad omtrent 75.000 inwoners gehad.