Rand Water
Rand Water, voorheen bekend as die Randse Waterraad, is 'n staatsbeheerde maatskappy wat belas is om water te voorsien aan Gauteng. Die maatskappy is op 8 Mei 1903 gestig.
Van die belangrikste projekte wat deur die maatskappy voltooi is, is:
- Vaalrivier Barrage Reservoir (1923)
- Vaaldam (1938)
- Lesotho-Hoogland-waterprojek