Vaalrivier Barrage Reservoir
Die Vaalrivier Barrage Reservoir is naby Vereeniging in die Vaalrivier en is bekend as die Barrage. Dit bestaan uit 'n aantal sluise in die Vaalrivier en is in 1923 deur die Randse Waterraad gebou. Die reservoir is 64 km lank met 'n totale vermoë van 63 miljoen liter. Dit het 'n oppervlakte van 168,35km2 en 'n gemiddelde diepte van 4.5 m.
Vaalrivier Barrage Reservoir | |
---|---|
Amptelike naam | Vaalrivier Barrage |
Ligging | Grens tussen Gauteng en Vrystaat |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 26°45′53″S 27°41′30″O / 26.76472°S 27.69167°O |
Dam in | Vaalrivier |
Doel | Huishoudelike en industriële water |
Openingsdatum | 1923 |
Eienaar | Rand Water |
Soort dam | Vaalrivier Barrage Reservoir |
Hoogte van wal | 10 m |
Lengte van wal | 329 m |
Bakmaat | 56 712 000 000 m3 |
Opvanggebied | 1 349 ha |
Die reservoir was gebou om water aan die Witwatersrand te verskaf. As gevolg van besoedeling vanaf Johannesburg, Vereeniging en Sasolburg word die water nie meer gebruik as drinkwater nie. Die reservoir word slegs vir ontspanning gebruik; sportsoorte soos ski, bootry, kanovaart, hengel en swem is van die gewildste aktiwiteite.
Sien ook
wysigBron
wysig- www.randwater.co.za