Renostergousblom
Die renostergousblom[1] (Arctotis acaulis L.) is een van die gousblom-spesies van die genus Arctotis. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom veral in die Wes-Kaap, maar ook in die aangrensende streke van die Noord- en Oos-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Renostergousblom | |
---|---|
A. acaulis in Tbilisi, Georgië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | A. acaulis
|
Binomiale naam | |
Arctotis acaulis |
Dit is 'n polvormige, meerjarige plant wat 20 cm groot kan word. Dit het 'n blaarroset. Die blare is lans- of liervormig, getand en het 'n ruharige bokant. Die onderkant is viltagtig. Die blomhoofde het oranje of geel strale en 'n swart skyf.[2]
Subspesies
wysigDie plant het twee subspesies:
- Arctotis acaulis var. acaulis
- Arctotis acaulis var. undulata Less.
Verwysings
wysig- ↑ ook: botterblom, witbotterblom
- ↑ Field Guide to Fynbos, John Manning, Colin Paterson-Jones, Struik, 2007, ISBN 1-77007-265-9, ISBN 978-1-77007-265-7, bls 410