Ribitol

chemiese verbinding

Ribitol of adonitol is 'n kristallyne pentose alkohol (C5H12O5) wat gevorm word deur die reduksie van ribose. Dit kom natuurlik in die plant Adonis vernalis voor,[1] sowel as in die selwande van sekere gram-positiewe bakterieë, in die vorm van ribitolfosfaat, in teichoïese sure.[2] Dit vorm ook deel van die chemiese struktuur van riboflavien en flavienmononukleotied (FMN), 'n nukleotiedkoënsiem wat deur die sogenaamde flavoproteïne gebruik word.[3]

Eienskappe

Algemeen

Naam Ribitol
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule
Molêre massa 152.15 g/mol
CAS-nommer 488-81-3
Fasegedrag
Smeltpunt 102 °C
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Verwysings

wysig
  1. Advances in Applied Microbiology (in Engels). Academic Press. 28 Oktober 1997. ISBN 9780080564586.
  2. Seltmann, Guntram (9 Maart 2013). The Bacterial Cell Wall (in Engels). Springer Science & Business Media. ISBN 9783662048788.
  3. 1937-, Mathews, Christopher K., (2000). Biochemistry. Van Holde, K. E. (Kensal Edward), 1928-, Ahern, Kevin G. (3rd uitg.). San Francisco, Calif.: Benjamin Cummings. p. 492. ISBN 0805330666. OCLC 42290721.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: meer as een naam (link) CS1 maint: numeric names: authors list (link)

Eksterne skakels

wysig