Richard Dreyfuss
Richard Dreyfuss (geb. 29 Oktober 1947) is ’n Amerikaanse akteur wat veral bekend is vir sy rolle in American Graffiti, Jaws, Close Encounters of the Third Kind en The Goodbye Girl.
Richard Dreyfuss | |
Dreyfuss in 2013 by die Cannes-rolprentfees.
| |
Geboortenaam | Richard Stephen Dreyfus[1] |
---|---|
Geboorte | 29 Oktober 1947 Brooklyn, New York, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1964-hede |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Dreyfuss het die Oscar vir beste akteur in 1977 gewen vir The Goodbye Girl en is in 1995 benoem vir Mr. Holland's Opus. Hy het ook ’n Golden Globe en Bafta gewen en is in 2002 vir twee Screen Actors Guild-pryse benoem.
Vroeë lewe
wysigDreyfuss is as Richard Stephen Dreyfus[1] in Brooklyn, New York, gebore as die seun van Norman, ’n prokureur en restaurateur, en Geraldine, ’n vredesaktivis.[2] Sy pa het nie van New York gehou nie en het saam met die gesin na Europa getrek en toe Dreyfuss nege was, na Los Angeles.[3][4] Dreyfuss het aan die Hoërskool Beverly Hills skoolgegaan.[4]
Loopbaan
wysigDreyfuss het in sy jeug begin toneelspeel in die Beverly Hills Joodse Sentrum.[4] Hy het op 15 in die TV-produksie In Mama's House gespeel, en ná skool ’n paar klein rolle vertolk in onder meer Peyton Place en The Big Valley. In die laat 1960's en vroeë 1970's was hy ook op Broadway en Off-Broadway te sien. In 1972 het Dreyfuss saam met Henry Fonda, Gloria Grahame, Ron Thompson en ander verskyn in die toneelstuk The Time of Your Life.
Sy rolprentdebuut was in ’n klein rol in The Graduate, waarvoor hy geen krediet gekry het nie. Sy eerste groot rol was in die 1973-treffer American Graffiti, saam met ander toekomstige sterre soos Harrison Ford en Ron Howard.[4] Sy eerste hoofrol het hy gespeel in die Kanadese prent The Apprenticeship of Duddy Kravitz (1974). Die volgende jaar het hy in nog twee treffers, Jaws (1975) en Close Encounters of the Third Kind (1977), gespeel wat albei deur Steven Spielberg geregisseer is. In 1978 het hy die Oscar vir beste akteur gewen vir sy uitbeelding van ’n sukkelende akteur in The Goodbye Girl (1977). Hy was toe 30 jaar oud en die jongste akteur wat ’n Oscar gewen het.[4] Die rekord het 25 jaar lank gestaan tot dit in 2003 deur Adrien Brody gebreek is.
Omstreeks 1978 het Dreyfuss kokaïen gereeld begin gebruik en vier jaar later is hy in hegtenis geneem vir die besit van die dwelm nadat hy sy bewussyn verloor het terwyl hy bestuur het en sy motor ’n boom getref het.[4][5] Ná tyd in ’n rehabilitasiekliniek het hy sy terugkeer gemaak in Down And Out In Beverly Hills (1986)[4] en Stakeout (1987).
In 1989 het weer saam met Spielberg gewerk, dié keer aan Always. Hy het in 1991 saam met Bill Murray in die komedie What About Bob? gespeel. In dieselfde jaar was hy die vervaardiger van Prisoner of Honor, waarin hy ook gespeel het. Dreyfuss is vir ’n Oscar en Golden Globe benoem vir sy spel as Glenn Holland in Mr. Holland's Opus (1995).[4] In die 2000's het hy nog verskeie rolle in rolprente, op TV en op die verhoog vertolk.
In November 2004 het Dreyfuss weens gesondheidsprobleme onttrek aan die Londense musiekblyspel The Producers.[6] In 2006 was hy een van die oorlewendes in die rolprent Poseidon. In 2008 het hy die rol vertolk van die Amerikaanse visepresident Dick Cheney in Oliver Stone se biografieprent oor George W. Bush met die naam W.[7]
Hy het ’n ster op die Hollywood Walk of Fame[8] en was saam met 99 ander sterre by die "2012 Academy Awards – Night of 100 Stars".
Persoonlike lewe
wysigDreyfuss is vroeg in die 1980's getroud met die skrywer en vervaardiger Jeramie Rain. Hulle het drie kinders gehad: Emily (1983), Benjamin (1986) en Harry (1990). Benjamin is met ’n seldsame oogsiekte gebore wat hom eindelik blind in sy linkeroog gelaat het. Die egpaar is in 1995 geskei en in 1999 is hy met Janelle Lacey getroud. Hulle is in 2005 geskei.[9]
In 2006 is Dreyfuss met die Russies gebore Svetlana Erokhin getroud en hulle woon sedertdien in San Diego.
Filmografie
wysigJaar | Rolprent | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1966 | Bewitched | Rodney | TV |
1967 | Valley of the Dolls | Assistant-verhoogbestuurder | Nie op naamrol |
1968 | The Young Runaways | Terry | |
1969 | Hello Down There | Harold Webster | |
1973 | American Graffiti | Curt Henderson | Golden Globe-benoeming |
1973 | Dillinger | Baby Face Nelson | |
1974 | The Apprenticeship of Duddy Kravitz | Duddy | |
1974 | The Second Coming of Suzanne | Clavius | |
1975 | Inserts | The Boy Wonder | |
1975 | Jaws | Matt Hooper | BAFTA-benoeming |
1976 | Victory at Entebbe | Kol. Yonatan "Yonni" Netanyahu | |
1977 | Close Encounters of the Third Kind | Roy Neary | Saturn-benoeming |
1977 | The Goodbye Girl | Elliott Garfield | Oscar vir beste akteur BAFTA vir akteur in ’n hoofrol Golden Globe vir beste akteur in ’n musiekspel of komedie Kansas City Film Critics Circle-prys Los Angeles Film Critics Association-prys |
1978 | The Big Fix | Moses Wine | Ook vervaardiger |
1980 | The Competition | Paul Dietrich | Golden Raspberry-benoeming vir swakste akteur |
1981 | Whose Life Is It Anyway? | Ken Harrison | |
1986 | Down and Out in Beverly Hills | David "Dave" Whiteman | |
1987 | Stakeout | Speurder Chris Lecce | |
1987 | Nuts | Aaron Levinsky | Golden Globe-benoeming |
1988 | Moon Over Parador | Jack Noah/pres. Alphonse Simms | |
1990 | Rosencrantz & Guildenstern Are Dead | The Player | Pasinetti-prys vir beste akteur, Venesiese Rolprentfees |
1990 | Postcards from the Edge | Dr. Frankenthal | |
1991 | What About Bob? | Dr. Leo Marvin | |
1993 | Lost in Yonkers | Louie Kurnitz | |
1993 | Another Stakeout | Speurder Chris Lecce | |
1995 | The American President | Sen. Bob Rumson | |
1995 | Mr. Holland's Opus | Glenn Holland | Oscar-benoeming Golden Globe-benoeming |
1997 | Oliver Twist | Fagin | TV; ook vervaardiger |
1999 | Lansky | Meyer Lansky | |
2006 | Poseidon | Richard Nelson | |
2008 | W. | Dick Cheney | |
2009 | My Life in Ruins | Irv | |
2010 | Piranha 3D | Matthew Boyd | Kamee |
2010 | RED | Alexander Dunning | |
2013 | Very Good Girls | Danny | |
2013 | Paranoia | Francis Cassidy |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Usborne, David (31 Januarie 2009). "Richard Dreyfuss: Out of the wreckage" (in Engels). Londen: The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 31 Januarie 2009.
- ↑ Film Reference.com-biografie
- ↑ "Richard Dreyfuss biography and filmography". Tribute. URL besoek op 3 Oktober 2011.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 4,7 Op Inside the Actors Studio, 2000
- ↑ MTV.com BiographyGeargiveer 9 Januarie 2005 op Wayback Machine
- ↑ Adam, Karla. "My musical hell". The Guardian. 21 Januarie 2005
- ↑ "Richard Dreyfuss is Dick Cheney" Geargiveer 24 Augustus 2013 op Wayback Machine. comingsoon.net. The Hollywood Reporter. 22 Mei 2008
- ↑ Hollywood Walk of Fame; Hollywood Chamber of Commerce
- ↑ Schindehette, Susan. "Risen from the Ashes, Richard Dreyfuss Faces His Family's Pain with Strength, Not Self-Pity" Geargiveer 23 Augustus 2013 op Wayback Machine, People 4 Maart 1991
Eksterne skakels
wysig- THR: Richard Dreyfuss finds 'Happiness' Geargiveer 3 April 2009 op Wayback Machine
- Richard Dreyfuss in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Richard Dreyfuss.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia