Rietvleirivier
Die Rietvleirivier is 'n klein rivier in Gauteng in Suid-Afrika. Dit is 'n sytak van die Hennopsrivier en 'n deel van die Krokodilrivierbekken.[1]
Rietvleirivier | |
---|---|
Toneel in die Rietvlei Natuurreservaat
| |
Stroomgebied | Gauteng Suid-Afrika |
Monding | Hennopsrivier |
Oorsprong-hoogte | 1 540 m |
Monding-hoogte | 1 379 m |
Geleë in Gauteng | |
Koördinate: 25°52′54″S 28°17′40″O / 25.88167°S 28.29444°O |
Die Rietvleidam is in die Rietvleirivier geleë. Die dam is in 1934 voltooi met 'n bakmaat van 12.3 miljoen m3. Die dam voorsien nagenoeg 41 miljoen liter gesuiwerde drinkwater per dag,[2] wat ongeveer 5.9% van die water is wat Pretoria daagliks benodig.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Crocodile/Marico WMA 3". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 11 Januarie 2013.
- ↑ "Rietvlei Water Treatment Plant" (PDF). Stad Tshwane. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Oktober 2006. Besoek op 19 Oktober 2008.
- ↑ "State of the Environment Report for the City of Tshwane 2001-2002" (PDF). Stad Tshwane. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 September 2006. Besoek op 25 November 2008.