Rio Juruá
Die Rio Juruá (Spaans: Río Yuruá) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 3 100 km, vloei deur Peru en die Brasiliaanse deelstate Acre en Amazonas.
Rio Juruá - Río Yuruá | |
---|---|
Die Rio Juruá naby Cruzeiro do Sul, Acre, tydens laag water. | |
Die stroomgebied van die Rio Juruá. | |
Oorsprong | Ucayali (Peru) |
Monding | Rio Solimões (Boloop van die Amasonerivier), Amazonas, Brasilië |
Stroomgebied | Peru, Brasilië (Acre en Amazonas) |
Lengte | 3 100 km (1 926 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 260 m |
Mondinghoogte | 36 m |
Gemiddelde afloop | 8 440 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 225 828 km² |
Die Río Yuruá ontspring in die oostelike Peruaanse streek Ucayali naby die grens tot Brasilië. Aansluitend vloei die rivier in noordwestelike rigting en bereik naby Foz do Breu Brasilië. Vanaf hier vloei die Rio Juruá in noordelike en later parallel tot die Rio Purus in noordoostelike rigting deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië. Hier mond die rivier in die boloop van die Amasonerivier, die Rio Solimões, uit.
Sytakke
wysigDie grootste sytakke (stroomaf):[3]
- Río Humaitó (regs)
- Juruá Mirim (links)
- Rio Moa (links)
- Río Ipixuma (links)
- Riozinho da Liberdade (regs)
- Rio Gregório (regs)
- Rio Eiru (regs)
- Río Tarauacá (regs)
- Río Xiruá (regs)
- Rio do Breu (regs)
Verwysings
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rio Juruá.
- ↑ (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2014. Besoek op 28 Februarie 2015.
- ↑ (pt) Agência Nacional de Águas (ANA) e Secretaria Nacional de Recursos Hídricos (Oorsig)
- ↑ (de) Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. ISBN 3-07-508962-1