Robbie Wessels
Robert Albert Wessels (gebore 30 Oktober 1980 op Kroonstad) is 'n bekende Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2005 deur Huisgenoot aangewys as Beste Nuweling in die Afrikaanse Musiekbedryf, en in 2006 is sy liedjie Leeuloop deur Huisgenoot aangewys as die Liedjie van die Jaar.[1]
Robbie Wessels | |
Geboortenaam | Robert Albert Wessels |
---|---|
Alias | Poena |
Geboorte | 30 Oktober 1980 Kroonstad, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | akteur, sanger, liedjieskrywer |
Rolprente | Poena is Koning (rolprent) |
Biografie
wysigWessels is op 30 Oktober 1980 op Kroonstad gebore. Hy gaan skool by Hoërskool Kroonstad en matrikuleer aan die Hoërskool Strand waarna hy drama aan die Technikon Pretoria (tans die Tshwane-Universiteit van Tegnologie) studeer. Hy verwerf sy diploma in 2002 waarna hy die vermaaklikheidswêreld aandurf. Kort daarna kry hy die geleentheid om die rol van Anton in RSG se radioverhaal Blinkwater te vertolk. Sy eerste televisierol was dié van Poena in die program Gauteng-alêng-alêng.
Diskografie
wysigWessels het die volgende albums uitgereik:
- My Vissermanvriend se Pa, 2005
- Halley se Komeet, 2007
- Afrika Sonsak, 2009
- Kaalvoet, 2011
- Als wat ek het, 2014
- Woestyn, 2017
- Staan Saam, 2019
- Die Sluise van die Hemel, 2020
Filmografie
wysigRolprente waarin Wessels speel:
- Poena is Koning (rolprent), 2007
- 'n Saak van geloof, 2011
- 100 meter Leeuloop, 2013
- As jy sing, 2013
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Robbie Wessels: 'n Bietjie Stout[dooie skakel], besoek op 5 Augustus 2008