Rooikeelbyvreter
Die rooikeelbyvreter (Merops bullockoides) is 'n byvreter en algemene standvoël wat in sub-ekwatoriale Afrika voorkom waar dit in grasvelde en savanne leef; gewoonlik naby riviere en watermassas. Die voël staan as die White-fronted Bee-eater in Engels bekend.
Rooikeelbyvreter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. bullockoides
|
Binomiale naam | |
Merops bullockoides (Smith, 1834)
|
Voorkoms
wysigDie voël is 22 tot 24 cm lank, weeg 30 tot 40 gram en is grotendeels groen van kleur. Die keel is wit-en-karmosyn, dit het 'n wit wangstreep en frons. Die kruis, dye en fondament is treffend blou. Die stertvere is nie verleng nie. Die jonger voël is valer met 'n groen kroon.
Hulle vang af en toe prooi op die grond.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooikeelbyvreter.