Rufus Gouws
Suid-Afrikaanse taalkundige en leksikograaf
Prof. Rufus Hjalmar Gouws (30 Januarie 1953 -) is 'n taalkundige en leksikograaf wat in die Paarl gebore is en in Kaapstad grootgeword het. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Nassau. Hy behaal die volgende grade aan die Universiteit van Stellenbosch:
- B.A. (hoofvakke: Afrikaans en Nederlands, Duits) - Desember 1974.
- Hons.-B.A. (Afrikaans en Nederlands) (Cum Laude) - Desember 1975.
- M.A. (Afrikaans en Nederlands) (Cum Laude) - Maart 1977.
- D.Litt (Afrikaans en Nederlands) - Desember 1982.
Hy is met Ilse-Marie (née Gerber) getroud en hulle het vier dogters: Liezl, Marike, Inge en Mieke.
Akademiese loopbaan
wysigSy akademiese loopbaan is as volg:
- Januarie 1977 - September 1977: Junior lektor, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Suid-Afrika.
- Oktober 1977 - Desember 1979: Lektor, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Suid-Afrika
- 1980 - 1983: Lektor, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch.
- 1984 - 1989: Senior lektor, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch.
- 1990 - 1998: Medeprofessor, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch.
- 1999 - Professor, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch.
- 2008 - 2012: Voorsitter: Departement Afrikaans en Nederlands
- 2016 - 2017: Voorsitter: Departement Afrikaans en Nederlands.
Beurse en toekennings
wysig- 1986 - Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se Toekenning vir Senior Navorsers.
- 1986 - Harry Crossley Beurs.
- 1991 - Linguistevereniging van Suider-Afrika: Toekenning vir Taalwetenskap.
- 1992 - Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se Toekenning vir Senior Navorsers.
- 1998 - Navorsingstoekenning van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad vir die ontwerp van 'n meta leksikografies gefundeerde model vir die Suid-Afrikaanse woordeboekeenhede.
- 1998 - Navorsingstoekenning van die SWO.
- 2001 - Rektorstoekenning vir voortreflike navorsing.
- 2002 - NNS-evaluering: B2.
- 2004 - Toekenning van die Vilhelm Kann Rasmussen Stigting, Denemarke vir besoek as besoekende professor in die Sentrum vir Leksikografie aan die Aarhus School of Business.
- 2005 - Spesiale sertifikaat van uitnemendheid van die African Association for Lexicography.
- 2006 - Elisabeth Eybersbeurs, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 2010 - Erelidmaatskap: African Association for Lexicography.
- 2011 - Rektorstoekenning vir voortreflike navorsing
- 2012 - C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 2013 - ATKV/SA Akademie-prys vir een van die ses beste artikels wat in Afrikaans in ‘n geakkrediteerde tydskrif verskyn het (in die tydperk 2009-2010).
- 2016 - Kanselierstoekenning vir navorsing.
- 2019 - N.P. van Wyk Louw-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 2022 - Jan H. Maraisprys
- 1982 - 2016: Verskeidenheid reis-, kongresbywonings- en navorsingsbeurs