Elisabeth Eybersbeurs
Die Elisabeth Eybersbeurs is 'n beurs wat aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland of aan buitelanders wat in Suid-Afrika wou studeer, toegeken is.
Die beurs het in 1994 ontstaan na 'n ooreenkoms tussen die Albert Wessels Trust en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die ooreenkoms was dat die beurs slegs 20 keer toegeken mag word, d.w.s. dat hulle die beurs slegs vir 20 jaar borg.
Die Albert Wessels Trust het jaarliks aan die Akademie ’n bedrag geld beskikbaar gestel vir die toekenning van ’n beurs vir nagraadse studente, dosente en navorsers in die vakgebiede Afrikaans en Nederlands met die oog op ’n tydperk van studie in die buiteland.
Die beurs is vernoem na Elisabeth Eybers, bekende Suid-Afrikaanse digteres. Sy het oor 'n periode van meer as 50 jaar gedig, nooit opgehou om te verras nie en het later 'n al groter vermoë getoon het om met die vers wondere te verrig. Eybers, die ontvanger van etlike literêre pryse, waaronder twee keer die Hertzogprys vir poësie en die gesogte P.C. Hooftprys in Nederland, word op dié wyse gehuldig as een van die grootste Afrikaanse digters.
Die beurs, wat die bevordering van taal en kulturele bande tussen Suid-Afrika en Nederland ten doel gehad het, is in 2014 vir die laaste keer toegeken.
Toekennings
wysigJaar | Ontvanger |
---|---|
1994 | Ronel de Goede |
1995 | Atri Carstens |
1996 | Prof. J.C. Steyn |
1997 | Christél Rossouw |
1998 | Dr. Ena Jansen |
1999 | Me. Marieke van Laar (Universiteit van Utrecht, Nederland) |
2000 | Dr. A.A. Maes (Katholieke Universiteit Brabant, Tilburg, Nederland) |
2001 | Dr. Steward van Wyk |
2002 | Prof. H.P. van Coller |
2003 | Dr. G.B. van Huyssteen |
2005 | Dr. A.A.P. Francken (Universiteit van Leiden, Nederland) en
Prof. Luc Renders (Limburgs Universitair Centrum, Diepenbeek, België) |
2006 | Prof. R.H. Gouws |
2007 | Dr. Gitte Postel (Universiteit Leiden, Nederland) |
2008 | Dr. M.P. Human |
2009 | Dr. Hans Ester (Radboud Universiteit, Nijmegen, Nederland) |
2010 | Prof. C.N. van der Merwe en prof. H.E.J. van Vuuren |
2011 | Dr. Gerald Stell (Vrije Universiteit Brussel, België) |
2012 | Dr. M.E. Botha (Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, P.E.) |
2013 | Prof. Pamela Pattynama (Vrije Universiteit Amsterdam) |
2014 | Prof. E.S. van der Westhuizen (Noordwes-Universiteit) |
Bron
wysig- Dr. Linda Brink en Prof. Anne-Marie Beukes van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.