Ruth Williams Khama
Ruth Williams Khama of Lady Khama (9 Desember 1923 – 22 Mei 2002) was die vrou van Botswana se eerste president Sir Seretse Khama, die opperhoof van die Bamangwatostam. Sy het gedien as die eerste presidentsvrou van Botswana van 1966 tot 1980.
Ruth Williams Khama | |
1ste Eerste Dame van Botswana
| |
Ampstermyn 30 September 1966 – 13 Julie 1980 | |
President | Seretse Khama |
---|---|
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Gladys Olebile Masire |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Ruth Williams 9 Desember 1923 Blackheath, Londen, Engeland |
Sterf | 22 Mei 2002 (op 78) Gaborone, Botswana |
Politieke party | Botswana Democratic Party |
Eggenoot/-note | Seretse Khama (1948–1980; sy dood) |
Kind(ers) | Jacqueline Khama Ian Khama Tshekedi Khama II Anthony Khama |
Religie | Christendom |
Lady Khama was 'n voormalige ambulansbestuurder van Blackheath, Londen. Sy het die destydse prins Seretse Khama ontmoet toe hy in die regte gestudeer het in Engeland en terwyl sy as 'n klerk by Lloyd's van Londen gewerk het. Hul veelrassige huwelik in 1948 het ongemak uitgelok in beide Suid-Afrika en aanvanklik in Botswana, en hulle het as uitgewekenes in Engeland gewoon tot in 1956. Hulle het toe verhuis na Botswana. Lady Khama was 'n invloedryke, polities aktiewe presidentsvrou tydens haar man se ampstermyn as president, 1966–1980.
Haar twee seuns, Ian en Tshekedi, is prominente politici in Botswana. Ian Khama was die president van Botswana gewees van 2008–2018.
Ruth Williams Khama is aan keelkanker oorlede op die ouderdom van 78, en is in Botswana begrawe.