Saab 2000
Sweedse passasiersvliegtuig
Die Saab 2000 is 'n tweemotorige hoëspoed turboskroefaangedrewe vliegtuig gebou deur Saab. Dit is ontwerp om 50-80 passasiers te vervoer teen 'n kruissnelhied van 655 km/h. Produksie het plaasgevind in Linköping in die suide van Swede. Die eerste Saab 2000's het in Maart 1992 sy nooiensvlug voltooi en het sy lugwaardigheidsertifikaat in 1994 ontvang. Die laaste vliegtuig is in April 1999 afgelewer, slegs 63 eenhede is gebou. Teen Julie 2018 was daar slegs 24 eenhede nog in gebruik.
Saab 2000 | |
---|---|
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | SAAB |
Nooiensvlug | 26 Maart 1992 |
Bekendstelling | 30 Augustus 1994 |
Status | Aktief, word nie meer vervaardig nie. |
Hoofgebruikers | Eastern Airways Loganair PenAir |
Vervaardig | 1992–1999 |
Aantal gebou | 63[1] |
Ontwikkel van | Saab 340 |
Verwysings
wysig- ↑ "World Airliner Census". Flight International, Volume 184, Number 5403, 13–19 August 2013, pp. 40–58.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Saab 2000.