Sadiola Hill-goudmyn
(Aangestuur vanaf Sadiola Hill Goudmyn)
Sadiola Hill-goudmyn is 'n oopgroefgoudmyn wat in die verre-westelike gedeelte van Mali, Wes-Afrika geleë is. Dit is ongeveer 70 km suid van die voormalige hoofstad Kayes, en 10 km vanaf die Maliese dorpie Sadiola geleë.
Eienaarskap
wysigDie Sadiola Hill-goudmyn word besit deur die SEMOS SA mynmaatskappy (Société d'Exploitation des Mines d'Or de Sadiola), wat deur Anglogold Ashanti bestuur word. Die aandeelhouding in SEMOS is 41% deur AngloGold Ashanti, 41% deur die juniormynmaatskappy Iamgold, en 18 % deur die Maliese regering. Afgesien van die Sadiola Hill-goudmyn, besit SEMOS ook die Yatela-goudmyn, 'n oopgroefgoudmyn ongeveer 30 km van Sadiola af.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sadiola Hill-goudmyn.