Die salignabloekom (Eucalyptus grandis) is 'n groot tot massiewe boom en indringerplant wat groei in waterlope, woudrande en grasveld. Dit is endemies aan die ooste van Australië. Dit kan tot 55 m hoog word. Die boom het growwe bas wat afskilfer in lang repe om die gladde, liggrys of wit onderbas te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, lansvormig, donkergroen aan die bokant en leeragtig. Die blommetjies is roomkleurig met uitstaande meeldrade en lok veral bye. Die boom se vrug is 'n klein, peervormige kapsule.

Salignabloekom
Salignabloekoms in Australië
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Myrtales
Familie: Myrtaceae
Genus: Eucalyptus
Spesie:
E. grandis
Binomiale naam
Eucalyptus grandis
W. Hill ex Maiden, (1919)
Natuurlike verspreiding
Sinonieme
  • Eucalyptus saligna var. pallidivalvis R.T.Baker & H.G.Sm.

Die boom word in plantasies geplant vir kommersiële gebruik.

Salignabloekoms
'n Salignabloekom

Sien ook

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig