Salisbury Claims
Salisbury Claims is ’n klein nywerheidsvoorstad van Johannesburg, sowat 800 m suidoos van die stadsaal.
Salisbury Claims | |
---|---|
Koördinate: 26°12′36″S 28°02′42″O / 26.21000°S 28.04500°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Stigting | 26 Oktober 1921 |
Poskode (strate) | 2001 |
Die voorstad beslaan net sowat 0,09 km² en strek oor nagenoeg 830 m van oos na wes en 800 m van noord na suid. Salisburystraat loop deur die middel van die voorstad. In die weste vorm Eloffstraat die skeidslyn met Wemmer, wat ook in die suide aan Salisbury Claims grens. In die ooste skei Von Willieghstraat die voorstad van Marshalltown, wat ook noord van Salisbury Claims loop.
Die voorstad, wat op 26 Oktober 1921 geproklameer is, is aangelê op die Salisbury-kleims, met wie se destydse grense die voorstad s’n ooreenstem. Die kleims was blykbaar op die plaas Turffontein geleë. Die naam is afgelei van die Salisbury-goudmynmaatskappy.
Blykbaar was dit nog altyd ’n nywerheidsgebied, want vir die jare 1934, 1949 en 1961 is net een keer munisipale kiesers hier getel, te wete twee Engelssprekendes in 1934.
Bronne
wysig- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
- (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.