Biduanita Negara Puan Sri Datin Amar Salmah binti Ismail, AMN beter bekend as Primadona Saloma (22 Januarie 193525 April 1983) was 'n Singapoers-Maleisiese sangeres, film aktrise en mode-ikoon wat in die laat 1950's beroemd geword het. Sy was die tweede dogter in haar gesin. Haar ouer suster was die aktrise Siti Mariam Ismail (skuilnaam Mariani) en aktrise-sangeres Aminah Ismail (skuilnaam Mimi Loma) is haar jonger suster. Saloma was die derde vrou van die talentvolle film akteur, regisseur, sanger, komponis en vervardiger Tan Sri Datuk Amar P. Ramlee. In haar vroeë loopbaan, was Saloma net vir haar lietjies en klein karakters se rolle wat sy in die 1950's films gespeel het. Nadat sy groter rolle in die films Azimat (1958) en Kaki Kuda (1958) gespeel het, begin sy om haar loopbaan as 'n film aktrise uit te brei. Sy het en verskeie films soos Seniman Bujang Lapok (1961), Ragam P.Ramlee (1964) en Ahmad Albab (1968) opgetree. Saloma is in 1978 met die titel Biduanita Pertama Negara (Eerste Nasionale Songbird) en in 1990 met die titel Puan Sri bekroon.

Saloma
Saloma in die 1960's
Gebore
Salmah binti Ismail

(1935-01-22)22 Januarie 1935
Sterf25 April 1983 (op 48)
BeroepSangeres, aktrise, model
Bekend virAzimat, Seniman Bujang Lapok, Ahmad Albab
EggenootAman Ramli Jaafar (April 1952 - September 1952)
P. Ramlee (November 1961 - 29 Mei 1973)
GeloofIslam

Familie en vroeë lewens

wysig

Saloma is op 22 Januarie 1935 in Pasir Panjang, Singapoer as Salmah binti Ismail gebore, her ouers was Ismail Osman en Umi Kalsom Mahban, sy was hulle derde en laaste kind. Tydens haar jeug, het Saloma geniet om te sing. Sy sou gewoonlik haar gedagtes om 'n sanger te wees met haar suster, Mariani deel. Toe sy vyf jare oud was, het Saloma reeds met die plaaslike straat musiekgroepe gesing. Daarom het haar begeerte om 'n sanger te wees sterker geword.

Saloma se ouers het geskei. Sy het dan met sy vader na Tanjung Karang, Selangor in Tanah Melayu (nou Maleisië) en Aminah verhuis. Beide van hulle het saam met hulle vader en haar nuwe stiefmoeder gewoon. Tydens die Tweede Wêreldoorlog, het hulle hul vader op die rys velde gehelp. Omdat die beide van hulle nie in daardie samelewing gepas het nie, het hulle sonder hulle vader terug na Singapoer verhuis.

Dan het Saloma en haar susters saam met hulle moeder en stiefvader, Mum Yusoff, gewoon. Mum Yusoff was 'n musikant van die plaaslike orkes The Singapore Boys wat gekontrakteer is om by die Nuwe Wêreld Kabaret te speel.

Omdat Saloma altyd 'n sangeres wou wees, het Mum Yusoff haar by die kabaret gebring. Toe is sy gevra om "Seven Lonely Days" deur Georgia Gibbs te sing. Haar sangstyl en stem het daardie gehoor beïndruk. Dus het sy voortgegaan om 'n aantal ander liedjies te sing en dus het haar loopbaan as 'n sangeres begin.

Liedjies

wysig

'n Lys van lietjies wat deur Saloma gesing is:

  • Mengapa Di Rindu
  • Kain Songket
  • Bunga Tanjung
  • Hilang Terang Timbul Gelap
  • Perwira
  • Tiru Macam Saya
  • Inang Baru
  • Bila Larut Malam
  • Keroncong Singapura
  • Tiga Abdul
  • Aci Aci Buka Pintu
  • Gelora (duet met P. Ramlee)
  • Malam Ku Bermimpi (duet met P. Ramlee)
  • Burung Pungguk (duet met P. Ramlee)
  • Di Mana Suara Burung Kenari (duet met P. Ramlee)
  • Hancur Badan di Kandung Badan (duet met P. Ramlee)
  • Joget Malaysia (duet met P. Ramlee)
  • Rukun Islam (duet met P. Ramlee)
  • Sri Bulan (duet met P. Ramlee)
  • Jikalau ku tahu (duet met P. Ramlee)
  • Bahagia (duet met P. Ramlee)
  • Saat yang Bahagia (duet met P. Ramlee)
  • Dalam Air Terbayang Wajah (duet met P. Ramlee)
  • Sedangkan Lidah Lagi Tergigit (duet met P. Ramlee)
  • Lagu Anak Rantau
  • Bila Hati Telah Retak
  • Tari Silat Melayu
  • Bossanova
  • Selamat Hari Raya
  • Kuala Lumpur
  • Kelohan

Films

wysig

'n Lys van films waarin Saloma 'n karakterrol gespeel het:

  • Ahmad Albab
  • Seniman Bujang Lapok
  • Ragam P. Ramlee
  • Sabaruddin Tukang Kasut
  • Bila Hati Telah Retak
  • Si Tanggang

Afsterwe

wysig

Saloma het 25 April 1983 in die Assunta-hospitaal, Petaling Jaya, Selangor, Maleisië gesterf. Sy is langs die graf van haar man, P. Ramlee, in Jalan Ampang Moslem-begraafplaas, Kuala Lumpur begrawe. Ter ere vir haar bydraes tot die Maleisiese vermaakbedryf is die Saloma Bistro in Jalan Ampang, Kuala Lumpur gestig.

Eksterne skakels

wysig