Sandessenhout
Die sandessenhout (Xylia torreana) is 'n mediumgrootte (10 m hoë) inheemse Suid-Afrikaanse boom. Dit kom ook in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek voor.[2] In die Krugerwildtuin kom dit slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van die Pafurigebied (langs die Mosambiekse grens) en die sandveld noordwes van Punda Maria-ruskamp.[3] Die boom se FSA-nommer is 192.[3]
Sandessenhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoid klade |
Genus: | Xylia |
Spesie: | X. torreana
|
Binomiale naam | |
Xylia torreana Brenan, (1957 gepubl. 1958)[1]
|
Identifikasie
wysig- Blare
Karakteristiek kom ses blaarpaartjies per blaarsteel, tot 20 cm lank, voor. Groot blare (tot 10 x 4 cm), glad en haarloos aan bokant, maar dig harig aan onderkant van blaarblad. Jong blaarkleur is rooibruin, maar verander na donkergroen wanneer volwasse.[3]
- Blomme en vrugte
Die boom dra 'n groot hoeveelheid klein, geurige blommetjies met witterige meeldrade en geel uitlopers. Die saadpeule vertoon as breë "pangas", baie hard en donkerbruin wanneer ryp, harig, tot 10 x 5 cm in deursnee.[3]
Verwysings
wysig- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:525865-1
- ↑ "Flora van Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 81. ISBN 978-1-77007-759-1.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Sandessenhout