Sarwanand (Sarvanand) Koul Premi
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sarwanand Koul Premi (* 2 November 1924 – † 1 Mei 1990) was 'n Indiese Kasjmiri-talige digter, joernalis, navorsingsgeleerde en onafhanklikheidsaktivis wat in 1990 deur Islamitiese militante vermoor is.[1][2][3][4]
Vroeë lewe en opvoeding
wysigSarwanand was die seun van Gopinath Koul en Omravati Koul, hulle was 'n Kasjmiri Pandit-familie van die Soaf-Shali-dorp (antieke Sanskritnaam: Saft-Shaleshwar) van Kasjmir se Anantnagdistrik. Premi se vader was die eerste in sy familie om hoëronderwys te ontvang.
Persoonlike lewe
wysigHy is in 1948 getroud met Oma, van die dorp Hangalgund (Anantnag). Hulle het 3 seuns en 4 dogters gehad.
Sterwe
wysigGedurende die nag van 29/30 April 1990 het drie gemaskerde militantes hom met sy jonger seun uit hul huis ontvoer. Hul lyke is op 1 Mei 1990 gevind. Premi is vermoor weens sy ondersteuning van die Indiese Nasionalisme in Kasjmir.
Werke
wysigHy kon vier tale lees en skryf, naamlik Hindi, Oerdoe, Engels en Kasjmiri, en kon Persies en Sanskrit verstaan.
Gepubliseerde boeke
wysig- Kalami Premi
- Payami Premi
- Rooi Jeri
- Osh ta Vush
- Gitanjanli (Vertalings)
- Russi Padshah Katha
- Panctchadar (poëtiese versamelings)
- Bakhti Koosum
- Akhri Mulaqat
- Mathur Devi
- MIrza Kak (die lewe en werk)
- Mirza Kak Ji Wakhs
- Kashmir ki beeti
- Bagwat Gita (Vertalings 1)
- Taj
- Rupa Bhawani
Verwysings
wysig- ↑ "A Poet of hope" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2017. Besoek op 21 Augustus 2018.
- ↑ "Real Tragedy of Kashmir" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2015. Besoek op 21 Augustus 2018.
- ↑ "The Unsung Hero of Kashmiriyat - Sarwanand Kaul Premi - Early Times Newspaper Jammu Kashmir" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2018. Besoek op 21 Augustus 2018.
- ↑ Editorjknews. "JKCA pays tributes to the Sarwanand Koul Premi on his 27th death anniversary" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2018. Besoek op 21 Augustus 2018.