Sasbank

voormalige Suid-Afrikaanse bank

Sasbank, die Suid-Afrikaanse Spaar- en Voorskotbank Beperk, se doel was die ekonomiese opheffing van Afrikaners.

Geskiedenis

wysig

Sasbank het sy wortels in die Helpmekaarbeweging (Helpmekaar Studiefonds). Hierdie koöperatiewe bank is op 11 Januarie 1922 met ‘n uiters beperkte aanvangskapitaal van slegs ‘n paar honderd Rand in Bloemfontein deur die Oranje-Vrystaat se Afrikaanse onderwysersvereniging gestig. Dit moes hulp aan onderwysers bied en hul spaarsin bevorder. Langsamerhand is dienste na die breë publiek uitgebrei en het die bank hom al meer beywer vir die vestiging van die Afrikaner in die sakelewe. H.W. Kammeijer en H.H. van Rooijen was die stigters met Kammeijer as die eerste algemene besuuurder. R.B. Saayman , dr. C.F. Visser en Thomas Blok was die eerste direkteure. Van 1926 tot 1953 was dr. Albertus van Rhyn ‘n direkteur. In 1942 is takke oor die hele land geopen en die hoofkantoor na Johannesburg verskuif met B.P. Marais as algemene bestuurder. Toe Sasbank as grootste spaarbank in Suid-Afrika in 1975 saam met die Bank van Johannesburg, Federale Bank, Santam Bank en Trust Bank ‘n volfiliaal van Bankorp word, bring dit ‘n 34 takke saam.

Leiersfigure

wysig
  • dr. Thomas Blok, arriveer 1913 uit St. Maarten, Nederland, onderwysleier in die Vrystaat
  • Heinrich Wilhelm Kammeijer, arriveer 1911 uit Duitsland, oud-onderwyser
  • Hendrikus Hermanus van Rooijen (*Emmen, Drenthe, Nederland, 21 Desember 1868 - †Bloemfontein, 17 Desember 1952), onderwyser, sakeman, Avbob

Bibliografie

wysig
  • gesellig.co.za/t/ (Volledige skakel asseblief!)