Duinekraaibessie
plantspesie
(Aangestuur vanaf Searsia crenata)
Die Duinekraaibessie (Searsia crenata) is 'n kusstruik wat endemies aan Suid-Afrika is en aan die kus in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap voorkom. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[1] Die struik word tot 2 m hoog. Die blare is drieledig en dig. Hulle is grysgroen bo en geelgroen onder. Die struik dra klein, roomwit blomme in die herfs en swart bessies in die winter.
Duinekraaibessie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. crenata
|
Binomiale naam | |
Searsia crenata (Thunb.) Moffet, (2007)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 380.1.[2]
Galery
wysigSien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Rhus crenata. |
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007 ISBN 978-1-77009-215-0
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi