Grasveldtaaibos
plantspesie
(Aangestuur vanaf Searsia discolor)
Die grasveldtaaibos (Searsia discolor), voorheen Rhus discolor, is 'n struik wat voorkom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Oos-Kaap, die Vrystaat asook Lesotho en Eswatini. Die struik kan tot 1 m hoog word. Die blommetjies is klein en wissel van groenerig tot gelerig, soms wit. Die struik blom van Oktober tot Mei. Die vruggies verskyn van Mei tot Julie. Manlike en vroulike blommetjies word op afsonderlike plante gedra.
Grasveldtaaibos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. discolor
|
Binomiale naam | |
Searsia discolor (E.Mey. ex Sond.) Moffett, (2007)
| |
Sinonieme | |