Sefanja
ses-en-dertigste boek van der Bybel, kompos van alleen 3 hoofstuks
Sefanja is die 36ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die negende van die sogenaamde twaalf Klein Profete. Sefanja het teen die einde van die 7de eeu v.C. as profeet opgetree. Hy verkondig dat God 'n einde gaan maak aan alles wat op die aarde is, met die insluiting van die verbondsvolk en die buurvolke van Israel. Die oordeel word in die verband gebring met die koms van die dag van die Here. Alhoewel Jerusalem tot ondergang gedoem is, sal die stad weer herstel word en 'n nederige en ootmoedige volk wat op die Naam van die Here vertrou, sal dáár woon.
Literatuur
wysig- Die Bybel: 1953-Vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
- Die Bybel: 1983 Vertaling
- Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Sefanja.