Senqunyanerivier
Die Senqunyanerivier is 'n rivier in die sentrale deel van Lesotho. Die naam beteken Klein-Oranjerivier in Sotho.
Senqunyanerivier Klein-Oranjerivier | |
---|---|
Die reuse Mohaledam in die Senqunyanerivier.
| |
Stroomgebied | Lesotho |
Oorsprong | Malutiberge |
Monding | Oranjerivier |
Lengte | 120 km |
Monding-hoogte | 1515 m |
Koördinate: 30°1′59″S 28°10′26″O / 30.03306°S 28.17389°O |
Die Senqunyanerivier ontspring op die westelike hange van die Malutiberge. By die bron is die bymekaarkompunt van drie distrikte: Maseru, Berea en Leribe. Die Senqunyanerivier vloei eers suidwes en dan suidwaarts. By Ha Marakabei volg dit die pad wat uit die Laaglande van Lesotho lei na Thaba-Tseka in die weste. Dit vorm byna oral langs sy loop distriksgrense: die grens van Berea- en Thaba-Tsekadistrikte strek selfs in sy geheel langs die Senqunyanerivier.
Net voordat dit uitmond in die Mohaledam, word 'n deel van die Lesotho-Hoogland-waterprojek bereik. Die Senqunyanerivier sluit na ongeveer 200 kilometer aan by die Senqu- of Oranjerivier by Ha Nkau, en vorm die grens tussen die distrikte van Mohaleshoek en Quthing, op pad na Suid-Afrika.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "The Orange River, Delineating the Border between South Africa and Namibia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2013. Besoek op 14 November 2012.