Hexrivierspinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse
(Aangestuur vanaf Serruria dodii)

Die Hexrivierspinnekopbos (Serruria dodii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Hexrivierberge en Keeromsberg voor. Die struik groei regop, word 1.0 m hoog en blom van Augustus tot November.

Hexrivierspinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. dodii
Binomiale naam
Serruria dodii
E.Phillips & Hutch., (1912)

Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 900 - 1 400 m.

In Engels staan dit as die Hex River Spiderhead bekend.

Bronnelys

wysig