Matzikamma-spinnekopbos
Spesie van die spinnekopbosse
(Aangestuur vanaf Serruria lacunosa)
Die Matzikamma-spinnekopbos (Serruria lacunosa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Gifberg voor. Die struik word tot 1,5 m hoog en blom van September tot April.
Matzikamma-spinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. lacunosa
|
Binomiale naam | |
Serruria lacunosa Rourke, (1996)
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 700 - 800 m.
In Engels staan dit as die Matsikamma spiderhead bekend.
Bronne
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Matzikamma-spinnekopbos.