Matspinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse
(Aangestuur vanaf Serruria viridifolia)

Die matspinnekopbos (Serruria viridifolia) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, is seldsaam en kom in die Riviersonderendberge vanaf Jonaskop tot Wolfieskop voor. Die struik neig om 'n mat te vorm, word 1,0 cm hoog en blom van Julie tot November.

Matspinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. viridifolia
Binomiale naam
Serruria viridifolia
Rourke, (1990)

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sand op sandsteenhellings op hoogtes van 800 - 1 100 m.

In Engels staan dit as die Mat spiderhead bekend.

Bronnelys

wysig