Shaoxing
Shaoxing (Chinees: 绍兴), vroeër Kuaiji (会稽) en Shanyin (山阴), is 'n stad in die Chinese provinsie Zhejiang met 'n bevolking van 4 912 200 in 2010. Die stad is in die ooste van China naby die kus van die Oos-Chinese See aan die Qiantangrivier geleë.
Shaoxing 绍兴 | |
---|---|
Stad | |
Die Ying'en-poort in Shaoxing. | |
Koördinate: 30°00′00″N 120°35′00″O / 30.00000°N 120.58333°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Zhejiang |
Regering | |
• Burgemeester | Zhang Jinru (张金如) |
Oppervlak | |
• Totaal | 8 332 km2 (3 217 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 912 200 |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Skakelkodes | 570 |
Webwerf | sx.gov.cn |
Shaoxing grens in die ooste aan Ningbo, in die suidooste aan Taitsjou, in die suidweste aan Jinhua en in die weste aan Hangtsjou. Die stad is veral bekend vir sy ou stadskern met 'n labirint van ou straatjies en historiese kanale.