Siegen
Siegen is 'n stad in Noordryn-Wesfale in die weste van Duitsland, met 'n bevolking van 99 261 op 31 Desember 2012 en 'n oppervlakte van 114,69 km². Die stad is noord van die driehoekpunt van Noordryn-Wesfale, Rynland-Palts en Hesse geleë.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Noordryn-Wesfale |
Koördinate | 50°52′N 8°1′O / 50.867°N 8.017°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1079 |
Stadstatus | 19 Oktober 1303 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 114,69 vk km |
Hoogte bo seevlak | 267 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2012) | 99 261[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 865/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Steffen Mues (CDU) |
Amptelike Webwerf | siegen.de |
Die eerste historiese verwysing na Siegen dateer uit die jaar 1079 en op 19 Oktober 1303 het die stad stadstatus gekry. Op 1 Januarie 1975 het Siegen verskeie gebiede ontvang en is sedertdien 'n stad met 'n bevolking van meer as 100 000 inwoners.[2]
Sedert Julie 2012 is Siegen as universiteitstad bekend, nadat dit goedgekeur is deur die regering van Noordryn-Wesfale.[3] Siegen is asook bekend as geboorteplek van Peter Paul Rubens (1577-1640), dus is die ander bynaam Rubensstad.[4]
Verwysings
wysig- ↑ "it.nrw.de: Zensus vom 9. Mai 2011 - Bevölkerungszahlen auf Basis des Zensus vom 9. Mai 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2013. Besoek op 14 September 2013.
- ↑ siegen.de: Hauptwohnsitzbevölkerung nach Stadtteilen am 30. September 2011 laut Homepage Stadt Siegen
- ↑ siegen.de: Amptelike webwerf van Siegen
- ↑ siegen.de: Siegerlandmuseum