Silaka-natuurreservaat
Silaka-natuurreservaat is 'n natuurreservaat aan die Wildekus in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika, en word deur die Oos-Kaapse Parkeraad bestuur.
Silaka-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wildekus, Oos-Kaap |
Naaste dorp | Port St Johns |
Koördinate: 31°39′11″S 29°30′29″O / 31.65306°S 29.50806°O | |
Oppervlak | 400 ha |
Bestuursliggaam | Oos-Kaapse Parkeraad |
Webblad | Silaka |
Die park het 'n klein oppervlak, slegs 400 ha, met grasveld en manjifieke inheemse kuswoude. Dit lê omtrent 7 km suid van die dorp Port St. Johns.