Wildekus
Die Wildekus is 'n kusstreek in Suid-Afrika. Dit is die kusstrook van sowat 250 km van die monding van die Groot-Keirivier, Oos-Kaap in die suide tot by die Mtamvunarivier net duskant Port Edward, KwaZulu-Natal in die noorde.[1] Alhoewel die naam Wildekus verwys na die ongerepte natuurskoon het dit ook 'n meer onheilspellende aanspraak op roem: skeepswrakke.[2]
Skeepswrakke
wysigDie volgende skeepswrakke is opgeteken langs die Wildekus:
- Die São João (St. Johannes) Junie 1552 naby Port Edward.
- Die São Bento 1554 by die mond van die Mthatharivier.
- Die Santo Alberto 1593 naby die Gat-in-die-muur.
- Die Grosvenor 1782 naby Lusikisiki.
- Die O'Bell 1916 naby Mendupunt.
- Die Frontier II 1938 by Shixinipunt.
- Die Meliskerk 1943 by Port St. Johns.
- Die Forresbank 1958 by Presleysbaai.
- Die Jacaranda 1971 by Qoloramond.
- Die Oceanos 4 Augustus 1991 naby Koffiebaai.
Enkele watervalle
wysig- Bawa-waterval
- Fraser-waterval
- Mnyameni-waterval
- Magwa-waterval
- Mateku-waterval
- Mfihlelo-waterval
- Ntentule-waterval
- Waterfall Bluff (Mlambomkhulu-waterval)
Ander bekende kuste
wysig- Dolfynkus (KwaZulu-Natal)
- Goudkus (Ghana)
- Graankus (Liberië)
- Hibiskuskus
- Ivoorkus
- Koromandelkus (Indië)
- Malabarkus (Indië)
- Olifantkus
- Skedelkus (Namibië)
- Slawekus (Benin, Nigerië)
- Sonskynkus / Costa del Sol
- Strelitziakus
- Walviskus
- Weskus
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. ISBN 978-1-86919-324-9
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4