Swazi
(Aangestuur vanaf Siswati)
- Hierdie artikel handel oor die Swazitaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Swazi's.
Die taal Swazi (siSwati [siswatʼi] in Swazi) is deel van die Nguni-taalfamilie en is nou verwant aan Noord-Ndebele, Suid-Ndebele, Xhosa en Zoeloe. Dit is (saam met Engels) die amptelike landstaal van eSwatini met sowat 980 000 sprekers in 2006, hoofsaaklik Swazi's. Dit is een van die elf amptelike landstale in Suid-Afrika, waar dit deur ongeveer 1 322 400 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus).
Swazi siSwati | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Eswatini Suid-Afrika Lesotho Mosambiek | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 2,3 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 2,4 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Swazi | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Eswatini Suid-Afrika | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ss
| |
ISO 639-2: | ssw
| |
ISO 639-3: | ssw
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Dialekte sluit Baca, Hlubi en Phuthi in.
Woorde
wysigAlgemene woorde en frases:
Afrikaans | Swazi |
---|---|
Welkom | Sondzela |
Dankie | Siyabonga |
Goeiedag / Hallo | Sawubona |
Totsiens | Sala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel) |
Rook verbode | Akubhenywa |
Geen ingang | Akungenwa |
Pasop vir die trap | Caphela sitebhisi |
Pasop! | Caphela! |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Lusuku lwekutalwa loluhle |
Seisoengroete | Tilokotfo letinhle kulesikhatsi semnyaka |
Geseënde Kersfees | Khisimusi lomuhle |
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar | Khisimusi lomuhle kanye neMnyaka lomusha lonenjabulo |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Swati" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 21 Januarie 2016.
- ↑ (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78
Eksterne skakels en bronne
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Swazi language. |
Sien Swazi in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Taalhulpmiddels
wysig- Vry en gratis Swazi speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine
Sagteware in Swazi
wysig- Mozilla Firefox Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – webblaaier
- Mozilla Thunderbird Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – e-posprogram
- OpenOffice.org Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine – kantoorsuite
- Translate.org.za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine – 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Swazi en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
- Pootle[dooie skakel] – aanlyn vertaling van Swazi oopbronsagteware