Skiatophytum flaccidifolium
Plantspesie
Scopelogena flaccidifolium is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Graafwater tot by Malmesbury voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en is deel van die fynbos-ekostreek. Na 'n habitat verlies van meer as 50% weens indringerplante, gewasverbouing en ontwikkeling is daar tans net twee gefragmenteerde subpopulasies oor. Dit word tans bedreig deur die verbouning van rooibostee en nog indringing deur indringerplante. Die spesie word as seldsaam beskou.
Skiatophytum flaccidifolium | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Skiatophytum |
Spesie: | S. flaccidifolium
|
Binomiale naam | |
Skiatophytum flaccidifolium Klak, (2015)
|