Skiatophytum skiatophytoides
Plantspesie
Scopelogena skiatophytoides is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Clanwilliam, verby die Kaapse Skiereiland tot by die Agulhasvlakte voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 18 174 km² en is deel van die fynbos-ekostreek. Die spesie het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing in die Olifantsriviervallei, oos Swartland, Breederiviervallei en die Bergriviervallei. In die Kaapse Skiereiland word die spesie verder bedreig deur ontwikkeling en indringerplante.
Skiatophytum skiatophytoides | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Skiatophytum |
Spesie: | S. skiatophytoides
|
Binomiale naam | |
Skiatophytum skiatophytoides (Leistner) Klak, (2015)
| |
Sinonieme | |
|