Skiereiland-spinnekopbos
Spesie van die spinnekopbosse
Die Skiereiland-spinnekopbos (Serruria decumbens) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kaapse Skiereiland van Kommetjie tot Gifkommetjie voor. Die struik is platterig maar word 1.0 m hoog en blom van Julie tot Oktober
Skiereiland-spinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Serruria |
Spesie: | S. decumbens
|
Binomiale naam | |
Serruria decumbens | |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond in rotsagtige areas op hoogtes van 150 - 310 m.
In Engels staan dit as die Peninsula Spiderhead bekend.