Die terrein wes van Waenhuiskrans waar die dorpie Skipskop geleë was, vorm nou deel van die Overberg-toetsbaan. Skipskop het bekendheid verwerf deur die gelyknamige liedjie van David Kramer.

Skipskop
Skipskop is in Wes-Kaap
Skipskop
Skipskop
 Skipskop se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°31′44″S 20°25′23″O / 34.52889°S 20.42306°O / -34.52889; 20.42306Koördinate: 34°31′44″S 20°25′23″O / 34.52889°S 20.42306°O / -34.52889; 20.42306
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitKaap Agulhas
Oppervlak
 • Totaal0,96 km2 (0 37 vk, m,)
Bevolking
 (2001)[1]
 • Totaal55
 • Digtheid57/km2 (150/vk, m,)
Rasverdeling (2001)
 • Blank61.8%
 • Kleurling38.2%
Taal (2001)
 • Afrikaans 83.6%
 • Engels 16.4%

Teen 1960 het die bevolking op 125 mense gestaan wat 'n bestaan gemaak het as vissers en bestaansboere. In 1984 is die dorpie en omliggende plase onteien en ontruim en deur Krygkor oorgeneem. Dit sluit aan by die De Hoop-natuurreservaat.

Verskeie groot skepe het hier gestrand. Die bekendste was die Maid of the Thames in 1848 en die Willem de Zwijger in 1863.

BibliografieWysig

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Skipskop Sensus 2001