Slag van Onderstepoort
Die Slag van Onderstepoort het plaasgevind op 11 Julie 1900 waartydens 'n Boermag onder die leiding van generaal Freek Grobler 'n Britse mag verslaan het. Grobler was in beheer van die Waterberg-burgers en hy was bewus van 'n Britse garnisoen naby Pyramidstasie sowat 2 kilometer noord van Wonderboompoort. Grobler en sy manskappe was besig om 'n aanval op dié groep te beplan toe die einste groep hulle aanval net na dagbreek. Grobler se mag beantwoord die aanval deur terug te vuur. Die Britse mag beweeg tussen twee groepe Boeremagte in en word nou van twee kante aangeval. Hulle perde hardloop weg in die harwar en die Britse soldate val wanordelik terug. Die Boere omsingel hulle en neem 17 Britte gevange. Een Britse offisier het gesneuwel. Die res van die Britse garnisoen het gevlug.
Slag van Onderstepoort | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek Oranje-Vrystaat | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
? | Freek Grobler | ||||||
Ongevalle | |||||||
1 dood, 17 gevang |
Sien ook
wysigBron
wysig- The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004. ISBN 978-1-86842-186-2