Skermutselinge van die Tweede Vryheidsoorlog
Die eerste fase van die Tweede Vryheidsoorlog het uit tradisionele frontaanvalle en loopgraafoorlog bestaan. Die laaste frontale aanslag was die Slag van Bergendal op 21-27 Augustus 1900. Reeds voor dit het die Boeremagte oorgegaan tot guerilla-oorlogvoering. Hier is 'n lys skermutselinge wat plaasgevind het.
1899
wysig1900
wysig- 1 Januarie – Slag van Sunnyside
- 23 – 24 Januarie – Slag van Spioenkop
- 10 Maart – Slag van Abrahamskraal.
- 25 Maart – Slag van Brandfort.
- 31 Maart – Sannaspos, Vrystaat
- 4 April – Reddersburg, Vrystaat. Genl. De Wet neem 'n Britse garnisoen van 600 man gevange.
- 10 April – Beleg van Wepener, Vrystaat deur Genl. De Wet. Die garnisoen hou vir 16 dae uit.
- 31 Mei – Lindley, Vrystaat. Genl. Piet de Wet verslaan die 13th Battalion Imperial Yeomanry, dood en wond 80 soldate en neem 530 Britse soldate gevangene.
- 7 Junie – Slag van Roodewalstasie, Vrystaat. Genl. De Wet neem 672 Britse soldate gevange en buit 56 waens met voedsel en voorrade ammunisie.
- 11 – 12 Junie – Slag van Donkerhoek.
- 11 Julie – Slag van Silkaatsnek, Transvaal. Genl. De la Rey neem 189 soldate van die Scots Greys and Lincolns gevange.
- 11 Julie – Slag van Dwarsvlei, Sarel Oosthuizen verslaan 'n Britse mag.
- 11 Julie – Slag van Onderstepoort, generaal Freek Grobler verslaan 'n Britse mag.
- 15 – 31 Julie – Brandwater, Vrystaat. Genl. Marthinus Prinsloo gee oor met 3,000 man aan die Britse Magte.
- 6 November – Bothaville, Vrystaat. Pres. M.T. Steyn en Genl. De Wet word verras deur Generaalmajoor Knox maar slaag tog daarin om te ontsnap.
- 19 November – Generaal Christiaan de Wet val die garnisoen by Dewetsdorp aan. Hulle gee oor na vier dae.
- 28 November - Slag van die Twee Riviere
- 29 November – Die Slag van Renosterkop vind plaas. Genl. Ben Viljoen behaal 'n oorwinning oor Genl. Arthur Paget.
- 13 Desember – Slag van Nooitgedacht, Transvaal. Genls. De la Rey, J.C. Smuts en C.F. Beyers oorrompel 'n Britse kamp onder beheer van Generaalmajoor RAP Clements.
- 29 Desember – Slag van Helvetia, Transvaal. Genl. Ben Viljoen verras 'n Britse garnisoen en neem 235 soldate gevange.
1901
wysig- 31 Januarie – Modderfontein, Transvaal.
- 10 – 28 Februarie – De Wet val die Kaap binne.
- 29 Mei – Slag van Vlakfontein
- 4 September – Smuts val die Kaap binne.
- 17 September – Elandsrivier op die plaas Modderfontein: Genl. Smuts val 'n buitepos, beman deur die 17th Lancer, aan.
- 17 September – Slag van Bloedrivierpoort, Natal. Generaal Louis Botha oorrompel die Mounted Infantry onder beheer van Luitenant-Kolonel H de la P Gough.
- 26 September – Onsuksesvolle aanvalle op die Britse forte Itala en Prospect, Natal deur Genl. Botha.
- 24 Oktober – Slag van Kleinfontein naby Groot Marico, Wes-Transvaal.
- 30 Oktober – Slag van Bakenlaagte, Transvaal. Genl Louis Botha val 'n Britse mag aan onder beheer van Luitenant-Kolonel G.E. Benson. Benson sterf tydens die aanval.
- 25 Desember – Tweefontein, Oos-Vrystaat. Genl. De Wet verslaan 'n klein Britse mag.
1902
wysig- 25 Februarie – Slag van Ysterspruit, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey val 'n Britse mag aan en buit muile, perde en 500 000 rondtes ammunisie.
- 7 Maart – Slag van Tweebosch, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey word aangeval deur Lord Methuen maar slaan die aanval af, wond en neem Methuen gevange.
- 31 Maart – Slag van Boschbult, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey raak slaags met Britse magte met swaar ongevalle aan beide kante.
- 1 April – Boschman's Kop, Transvaal. Britse magte verras Genls. H.A. Alberts en P.R. Viljoen. Hulle hergroepeer, val die Britse magte aan en verdryf hulle gedurende die dag.
- 11 April – Slag van Rooiwal, Wes-Transvaal: 'n Britse mag onder bevel van generaal Ian Hamilton het slaags geraak met die kommandos van generaal Jan Kemp.
- 6 Mei – Holkrans, Natal. 56 Boere word doodgemaak deur Zoeloes.
Bron
wysig- Darren Hall: The Hall Handbook of the Anglo Boer War. 1999. ISBN 0-86980-949-0