Slag van Roodewalstasie
Die Slag van Roodewalstasie het op 7 Junie 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind. Roodewalstasie is drie kilometer suid van die Renosterrivier in die Vrystaat. 'n Mag van genl. Christiaan de Wet, saam met kommandant Piet Fourie, het die Britse garnisoen, wat die volgelaaide treine en 'n voorraaddepot opgepas het, aangeval. Nadat De Wet eers die telegraaf se drade afgesny het, het hy 'n boodskap na die Britse mag gestuur waarin hy hulle gevra het om oor te gee. Hulle het geweier waarop De Wet met sy aanval begin het. Die geveg het vir vyf ure geduur en het in De Wet se guns geswaai toe generaal Froneman daar opdaag met twee kanonne. Die Britte het onmiddellik oorgegee toe die bomme tussen hulle begin val het. Die Boere het meer as 500 kratte vol ammunisie gebuit. Later die nag het die Boere die oorblywende ammunisie, duisende lignietbomme en twee sakke pos opgeblaas. Die ontploffing laat 'n krater van 30 x 18 x 6 meter na.
Slag van Roodewalstasie | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) Oranje-Vrystaat | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Christiaan de Wet Kommandant Piet Fourie Genl. Froneman | |||||||
Ongevalle | |||||||
45 dood, 123 gewond, 645 gevange geneem | 8 dood, 24 gewond |
Die Britse verliese was 45 gesneuweldes, 123 gewondes en 645 is gevange geneem. Die Boere het 8 burgers verloor en 24 is gewond.
Sien ook
wysigBron
wysig- The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004. ISBN 978-1-86842-186-2