Groot Marico
Groot Marico is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp is eers in 1948 gestig deur A.J.M. van Aardt en 'n paar vriende op die plaas Wonderfontein. Die Voortrekkers het hulle reeds in 1845 in die omgewing begin vestig. In 1871 is Groot Marico as deel van Zeerust as 'n nuwe distrik verklaar deur die destydse Transvaalse republiek. Groot Marico het veral bekend geword vir die stories wat deur Herman Charles Bosman oor die dorp, sy omgewing en mense geskryf is. Die N4 nasionale pad gaan deur Groot Marico.
Groot Marico | |
---|---|
Paul Krugerstraat in Groot Marico | |
Koördinate: 25°35′43″S 26°24′49″O / 25.59528°S 26.41361°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Ramotshere Moiloa |
Oppervlak | |
• Totaal | 36,17 km2 (13,97 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 384 |
• Digtheid | 94/km2 (240/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.0% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 86.8% |
• Ander | 1.1% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 81.5% |
• Afrikaans | 10.8% |
• Engels | 3.8% |
• Ander | 3.9% |
Poskode (strate) | 2850 |
Webwerf | www.marico.co.za |
Slag van Kleinfontein
wysigDie Slag van Kleinfontein het op 24 Oktober 1901 tydens die Tweede Vryheidsoorlog tien kilometer wes van die dorp plaasgevind. Die Boere het die Britse opmars tydelik gestuit; die Britte het 400 man en 'n groot aantal waens verloor terwyl die Boere slegs 60 ongevalle gehad het. Daar is 'n gedenkteken opgerig wat die plek aandui waar die slag plaasgevind het.
Omgewing
wysigDaar is ook baie dolomietgrotte in die omgewing waarvan sommige fossieloorblyfsels van diere bevat. Daar is ook drie damme in die omgewing, naamlik die Marico-Bosvelddam, Kromellenboogdam en Klein-Maricodam.
-
Suidwaartse uitsig op Paul Krugerstraat
-
Die oog van die Maricorivier, suid van Groot Marico
-
Ketel vir stook van mampoer
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Groot Marico". Sensus 2011.