Snip en Rissiepit
Afrikaanse rolprent wat in 1973 vrygestel is
Snip en Rissiepit is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1973 vrygestel is. Die regisseur was Elmo de Witt. Die hoofrolle word deur Rod Alexander as die snip en Rika Sennett as die rissiepit vertolk.
Snip en Rissiepit | |
---|---|
Regisseur | Elmo de Witt |
Met | Rod Alexander Rika Sennett Gaenor Becker |
Ateljee | Kavalier Films |
Verspreider | 1973 |
Speeltyd | 100 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
'n DVD van die rolprent is op 16 September 2012 saam met die Rapport versprei.
Genre
wysigDie rolprent is 'n romantiese drama. Dit het 'n 13 PGV ouderdomsperk en is nie vir jong kinders geskik, tensy hulle met hulle ouers vergesel is nie.
Hoofrolspelers
wysig- Rod Alexander as Joerie Anker
- Rika Sennett as Christina Burger
- Sann de Lange as eienaar van losieshuis
- Pieter Hauptfleisch as Prof. Jacobus Burger
- Gaenor Becker
Storielyn
wysigWat gebeur as twee studente wat mekaar nie kan verdra nie, verlief raak? Dis die storie wanneer Kraai, 'n verwende rykmansdogter, en Jurie Anker, 'n maplotter, ná ´n universiteitsvakansie op die stasie ontmoet en hul lewens teësinnig verweef raak.