Gifappeltjie
plant spesie
(Aangestuur vanaf Solanum giftbergense)
Die gifappeltjie (Solanum giftbergense) is 'n struik wat tot die genus Solanum behoort. Die struik word tot 1.5 m hoog en kom in die Noord-Kaap voor. Die plant het sy naam gekry van die Gifberg naby Klawer. Dit is ook inheems in Angola en Namibië.
Gifappeltjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Solanales |
Familie: | Solanaceae |
Genus: | Solanum |
Spesie: | S. giftbergense
|
Binomiale naam | |
Solanum giftbergense Dunal, (1852)
| |
Sinonieme | |
|
Dit het melerige stingels wat bedek is met lang, geel of rooibruin dorings tot 12 mm lank. Die blare is eierrond, gelob en doringrig op die are. Die blomme kom in trosse van een tot vier voor, die kleur wissel van mauve tot pers en word tot 10 mm in deursnee. Die bessies is giftig, rooi tot oranjekleurig en 10 mm in deursnee.
Bronne
wysig- Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, ISBN 978 1 920217 01 3
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gifappeltjie.