Valiant Swart

Afrikaanse musikant, akteur en komponis
(Aangestuur vanaf Sonvanger)

Valiant Swart (gebore 25 November 1965 as Pierre Nolte) is 'n Afrikaanse musikant, akteur en komponis van Stellenbosch, Suid-Afrika. Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deur Rhythm Records uitgereik.

Valiant Swart
Valiant Swart tydens 'n optrede.
Agtergrondinligting
GeboortenaamPierre Nolte
Gebore25 November 1965
GenresAlternatiewe rock
Punk-rock
Blues
Jare aktief1990 – nou
EtiketteRhythm Records, Select
Webwerfvaliant.co.za

Swart se naam is volgens die musikant 'n verwysing na die swart Valiant wat sy pa gery het toe hy nog kind was. Swart se grootste treffer, "Die Mystic Boer" toon ooreenkomste met die gedig "Raka" van NP van Wyk Louw en spreek kwessies rondom die identiteit van die Afrikaner en sy soeke na 'n nuwe besef aan. Swart is naas Koos Kombuis een van die kunstenaars wat die meeste by die jaarlikse Oppikoppi-musiekfeeste in Northam opgetree het.

Hy was ook 'n hoofakteur in die TV-reeks Song vir Katryn en het 'n reisprogram oor jazzmusiek vir kykNET genaamd 40 dae deur die Delta, asook 'n kuier-/reisprogram Mooiloop, vervaardig.

In 2008 word hy saam met Ollie Viljoen met 'n SAMA-toekenning vir hulle album Vuur en vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon.[1]

Sonvanger

wysig

Hy is ook bekend vir sy liedjie "Sonvanger" vanaf sy 2002-album Maanhare. Hy het die liedjie geskryf ná die selfmoord van 'n jong Afrikaanse musikant van Stellenbosch. Swart het dit geskryf met die musikant se ma in gedagte, verlangend na haar verlore seun.[2][3]

Hy voeg in 'n onderhoud by: "Die liedjie het sedertdien 'n lewe van sy eie aangeneem; dit lyk asof dit vertroosting gebring het aan baie bedroefdes, wat, om eerlik te wees, my baie goed laat voel."

Die liedjie is al verskeie kere opgevoer, veral deur Corlea Botha, Jurie Els, Laurika Rauch, Karen Zoid, Theuns Jordaan en Refentse.

Diskografie

wysig

Ateljeealbums

wysig

DVD's

wysig
  • 2007: Vuur & vlam DVD

Filmografie

wysig

Televisiereekse

wysig
  • 2003: Song vir Katryn, as Jinx
  • 2008: Jam Sandwich, as homself
  • 2013: Mooiloop!, as homself

Sien ook

wysig

Eksterne skakels

wysig

Verwysings

wysig