South32
South32 Beperk is 'n maatskappy betrokke in die mynbou in Suider-Afrika, Australië en Noord- en Suid-Amerika. Die firma myn bauxiet, alumina, aluminium, steenkool, mangaan, nikkel, silwer, lood en sink.
South32 | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 25 Mei 2015 |
Hoofkantoor | Perth, Wes-Australië, Australië |
Sleutelpersone | Graham Kerr (hoof- uitvoerende beampte) Brendan Harris (hoof- finansiële beampte) Paul Harvey (president & hoofbedryfsbeampte Australië) Mike Fraser (president & hoofbedryfsbeampte Suid-Afrika) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Mynbou |
Produkte | Aluminium, steenkool, lood, mangaan, nikkel, silwer, sink |
Inkomste | $6 948 miljoen (2015) |
Bedryfsinkomste | $1 001 miljoen (2015) |
Netto inkomste | $575 miljoen (2015) |
Werknemers | 15 545 (2015) |
Moedermaatskappy | BHP Billiton |
Divisies | Australië-streek Afrikastreek Bemarking |
Webwerf | www |
Myne en fabrieke
wysig- In die Verenigde State besit South32 die Hermosa-myn geleë 80 km van Tucson (Arizona).
- Die firma se aktiwiteite in Suid-Amerika is in Brasilië en Colombië.
- South32 het werksaamhede op ses plekke versprei oor die hele Australië.
- Mozal Aluminium is gevestig net buite Maputo.
- SA Manganese by Hotazel bewerk die mangaanmyne van die Kalahari met sowat 3 000 werknemers.
- South Africa Energy Coal se werksaamhede is by Ogies, Witbank en Middelburg.
- Hillside Aluminium het 'n aluminiumsmeltery by Richardsbaai en voer alumina in van Worsley Alumina in Australië om daarvan aluminium van hoogstaande kwaliteit te vervaardig.
Eienaars
wysigSouth32 is in Mei 2015 uit BHP Billiton ontbondel. Die aandele word verhandel op die beurse van Australië, Londen en Johannesburg. Die grootste aandeelhouers is BlackRock Group, Inc. en The Vanguard Group, Inc. Die hoofkantoor is in Perth met 'n bemarkingskantoor in Singapoer. In totaal het die maatskappy 15 545 werknemers.
Bibliografie
wysig- sashares.co.za
- www.sharedata.co.za
- www.south32.net