Spaans-Amerikaanse Vryheidsoorloë

Die Spaans-Amerikaanse vryheidsoorloë was 'n reeks gewapende konflikte wat aan die begin van die 19de eeu, tussen die jare 1809 en 1829 plaasgevind het, en wat die hele Spaanse Ryk geraak het. Hiertydens is die voorstanders van die handhawing van die integriteit van die Spaanse Monargie, wat later bekend sou staan as die "koninklikgesindes", verslaan deur voorstanders van onafhanklikheid of die afskeiding van nuwe Amerikaanse state, wat later bekend sou staan as die "revolusionêre" of "patriotte". Hierdie konflikte word ook beskou as burgeroorloë en was 'n kombinasie van verskeie konflikte, beide plaaslik en wêreldwyd.

Slag van Tampico (1829)