Fynblaarslangkoppie
plant spesie
(Aangestuur vanaf Spatalla barbigera)
Die Fynblaarslangkoppie (Spatalla barbigera) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die oostelike Langeberg, Outeniekwaberge en sentraal Swartberg voorkom.
Fynblaarslangkoppie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. barbigera
|
Binomiale naam | |
Spatalla barbigera Salisb. ex Knight, (1809)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik is plat, gerond, word slegs 80 cm hoog en blom van Mei tot November. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Twee maande nadat die plant geblom het, val die ryp sade op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in 'n verskeidenheid van habitat op hoogtes van 400 - 620 m.
In Engels staan die struik as die Fine-leaf spoon bekend.