Prikkelslangkoppie
plant spesie
(Aangestuur vanaf Spatalla parilis)
Die Prikkelslangkoppie (Spatalla parilis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Hottentots-Hollandberge tot by die Riviersonderendberge en bo-op die Langeberg by Garciapas voorkom.
Prikkelslangkoppie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. parilis
|
Binomiale naam | |
Spatalla parilis Salisb. ex Knight, (1809)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik groei regop en word 1.5 m hoog en blom van September tot Desember. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Twee maande nadat die plant geblom het, val die ryp sade op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei op koel, suidelike hellings op hoogtes van 300 - 1550 m.
In Engels staan die struik as die Spike spoon bekend.