Speldekwassie

plant spesie

Die speldekwassie (Sorocephalus teretifolius) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Palmietriviervallei in die Kogelberg voorkom.

Speldekwassie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. teretifolius
Binomiale naam
Sorocephalus teretifolius
(Meisn.) E.Phillips, (1911)

Die struik word slegs 1 m hoog en blom van November tot Desember. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in rotsagtige, droë hellings op hoogtes van 1500 - 1850 m.

In Engels staan die struik as die Pinhead clusterhead bekend.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig